Donderdag 06 Oktober 2016

Vir jou

Ek wil 'n brief skryf vandag vir jou, jy wie my lewe verander het. Jy wie my lewe kom red het.

Baie aande lê ek wakker en luister, luister na die dinge wat my kop skreeu en my hart oor wil baklei. Ek luister na die chaos, die land se politiek, die woorde wat my ore moes verdra, die dinge wat ek probeer vermy. Ek lê wakker en dink aan miljoene goed wat stukkie vir stukkie my kom vernietig. 
Ek probeer dikwels verstaan hoe dit moontlik is, hoe mens deur als kom. 
Meeste van als bewonder ek hoe die menslike hart homself elke dag probeer sterk hou, hoe elke dag 'n nuwe oorlog is.

Jys nou net huis toe, en jys alweer in een van jou vreemde buie wat ek soms sukkel om te verstaan. Nie-te-min, ongeag, maak jou gesig my hart gelukkig. 
En hier begin die oorlog klaar, want my kop weet hoe seer die kan maak maar my hart weier om te glo dat jy instaat is tot dit toe. My hart sien elke dag hoe jy my hart vashou en dit bewaar en dit jou no1 prioriteit maak maar my kop weier om te glo dat iemand instaat is daartoe om my lief te hê.

Asseblief moenie dink 'eks sleg vir haar' of 'sy vertrou my nie'. Want ek weet jy doen soms my engel. Tog kan ek vandag met 'n rustige hart skryf oor jou, oor hoe mooi die lewe kan wees, instede van al die aande wat ek myself aan die slaap gehuil het. 

Ek wil vandag vir jou dankie sê. Dankie vir al die kere wat jy trane gekeer het sonder om te weet. Dankie vir al die kere wat jy bereid was om my eerste te sit. Dankie vir al die kere wat jy my lief gehad het toe ek self nie kon lief wees vir myself nie. 
Ek weet jy gaan die afskryf as niks, woorde traak jou min. Maar ek weet ek gaan eendag terug kyk na die en dit gaan nog my hart se woorde wees. 

Ek wil vir jou sê van hoe ongelooflik jy is. Hoe jy 'n absolute hartlose wese kan vat en die liefde kan uitbring. Ek glo in jou. En dit klink nie soos iets besonders of merkwaardig nie maar vir iemand wie skepties is oor almal, is dit 'n groot ding. 
Ek wens ek kon jou meer sien. Ek wens ek kon jou meer vertel hoe lief ek jou het. Ek wens jy kon in jou hart voel wat ek voel wanneer ek jou gesig sien, veral wanneer jy glimlag.
Want jy het dit reg gekry om 'n absolute hartlose siel te verander in iets wat weer heel is, iets wat weer lief kan hê. Ek is dankbaar vir jou. En ek bid vir jou. En eks oneindigend lief vir jou. 
En selfs al is die oorloë in my kop chaos weet ek dat niks die sekerheid in my hart kan weg vat nie.

Ek skuld jou 'n leeftyd van liefde, 'n leeftyd van geluk, want al was dit nog net 'n paar maande, kon jy 'n leeftyd van seer oorskryf. 
Ek weet daars nie die regte woorde om my hart se woorde te verstaan nie. Weet net.
Ek gee om.
Ek is hier.
Ek ondersteun jou.
Ek belowe om jou te dra.
Ek is lief vir jou.
Met alles in my. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking