Vrydag 07 Oktober 2016

Briewe (1)

Liefste Ouma & Oupa
Daagliks verander die Here ons lewens, Hy vou sy hande om ons en Hy sorg dat ons altyd Sy liefde in ons harte voel. Ons wil gedurig weet wat die toekoms in hou want ons as mense bly altyd bang vir dit wat die toekoms inhou, maar ouma & oupa, die Here het hierdie klaar beplan. Die Here het klaar hierdie roete vir julle neergele en dit is goed. Enige iets wat Hy in ons lewenspad sit is goed.
Ek wil nie he ouma hulle moet onsteld wees oor die trek nie, want dit kom uit Sy hande uit, en daarom is dit die beste.
Ek wil begin om dankie te se, dankie vir elke aand wat ouma met ons en Riaan hulle uitgehou het as ons nie kon ophou lag na 1 die oggend nie. Dankie vir elke drukkie en ‘eks lief vir jou’. Dankie dat ouma hulle vir ons die geleentheid gegee het om soos kinders in die veld te kan speel en te kan lewe asof die lewe sorgloos is. Dankie vir elke bietjie Vryheid wat julle vir ons gegee het en dankie vir elke krismis bed op ouma se mat voor die tv. Dankie dat Ouma ons ‘n kans gegee het met elke kuns medium, van verf tot pastel tot waterverf. Oupa, dankie dat ons altyd na jou toe kon kom om te vra vir nog ‘n stukkie hout om weg te skuur. Dankie dat ouma ons vertrou het in ouma se geheime tuintjie. Dankie dat julle altyd bereid was om ons iets nuuts te leer, van puddings maak tot vliegtuiens aan mekaar sit. Dankie vir elke oproep en elke koek bak sessie. Lewe sonder julle sou nie die moeite werd gewees het nie. Dankie vir elke keer wat oupa ons kielie todat ons huil. Dankie vir oneindige liefde, liefde wat verstaan en altyd omgee. Dankie vir elke geleentheid om ons niggies en neefies te sien. Dankie dat ouma hulle altyd aan ons kant was. Dankie vir al die moeite, al die raas oor ysie papiere wat die plek vol le, en dankie vir elke keer, selfs na 16 jaar, wat ek nog op ouma se skoot on die slaap kan raak.
Ek is jammer dat ek nie gereeld daar kon uitkom nie, ek is jammer dat ons verby mekaar begin leef het. Ek is jammer dat ek nie meer gedoen het om daar uit te kom nie. Ek is jammer da tons julle soms grensloos kwaad gemaak het. Ek is jammer vir elke vuil merkie wat ons as kinders teen Havertlaan se mure gelos het. Ek is jammer dat ek nie vir julle daar kon wees soos julle lewenslank daar was vir my nie.
Oneindig dankie vir al die herinneringe wat ek saam julle kon maak, elke lag en elke uit skel. Ek sal daai herinneringe nie vir die wereld verruil nie.  Dankie dat julle altyd moed gehad het. Want ekt my moed getrek by julle.
Dankie dat julle was wie julle was. Want julle rol in my lewe was oneindigend groot.

Sal jy my by die hemel poorte kry?

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking