Woensdag, 09 Maart 2016

Vandag skryf ek 'n brief aan elke meisie wie 'n deel van haar verloor het aan 'n man.

Hey jy, ja jy, beeldskone skepping van God.
Ek weet jou hart het seer, ek weet hy het jou maak huil snags in jou bed en ek weet dit het soms gevoel of die donkerte jou gaan insluk. Ek weet jy het hom so so lief gehad, jy het miskien steeds nog, en daars niks daarmee fout nie.
Ek weet hy het 'n deel van jou gesteel, ek weet jy is soms spyt, ek weet jy mis hom soms. Ek weet jy wens soms jy het vroeer geweet. Ek weet julle herinneringe is so seer om aan te dink maar soms al waaraan jy kan dink.

Ek is jammer. En ek weet ek moenie jammer wees nie maar iemand moet vir jou omverskoning vra. Iemand moet vir jou jammer se dat hy jou sonskyn verdof het. Iemand moet vir jou jammer se oor jy pleinweg net iemand verdien wie jou lief het, werklik lief. En nie net oor jou lyf of oor jou besittings nie. Eks jammer oor die seer in jou mooi hart.

Maar hoor vir my, jy verdien beter.
Jy verdien koffie in die bed. Jy verdien dit om kinderlik opgewonde te wees as jy weet jy gaan hom sien. Jy verdien dit om saam hom te kan wees en om te weet dat hy jou altyd op sy hande sal dra, tot in lente van dae. Jy verdien dit om jouself te kan wees rondom hom. Jy verdien dit om geliefd te voel by hom. Jy verdien dit om sy arms rondom jou te hĂȘ as jy in stukke is.
Okay?
En hys op pad. God het hom gespaar, net vir jou, meisiemens hoor vir my, hy is op pad. Byt net vas. Moenie opgee op jou drome oor hom nie, hy bid ook vir jou. Jys nogsteeds worthy okay?
Jy gaan nogsteeds eendag sy als wees want jy is jou Pa se als.

Liefde.