Woensdag 27 Januarie 2016

My raad aan die jeug -
Hier is my raad aan die jeug. 
Hulle gaan 12 jaar van jou lewe steel en steeds wonder hoekom jy negatief is. 
Hulle gaan jou in 'n hok druk, forseer om soos almal te wees, te dink, en dan geirriteerd word as jy nie weet wie jy is nie.
Hulle gaan jou vryheid steel, jou regte wegneem en jy gaan dit moet verdra.
Hulle gaan jou tussen mense sit. Wag. Laat ek hulle nie so noem nie. Hulle gaan julle tussen hoere sit, tussen dose, tussen moordenaars en pscopayhs en steeds sê jys ondankbaar as jy nie wil skool toe gaan nie.
Hulle gaan vir jou blameer, jou sleg sê, en jy gaan nie mag opstaan nie. 
Hulle gaan jou druk. En druk. En druk. Todat jy 'n boks word. 'N stereotipe. 'N haatlike verskoning vir 'n 'unieke mens'.

Hier is die waarheid. Nie die volle een nie. Want ek, nes jy, was deur hierdie proses.
Die waarheid is, alles wat hulle jou leer is 'n leuen. 
Al jou wiskunde somme beteken niks. Jou hoofdogter, jou hoofseun, jou prefekte, jou mede mens. Hulle is leuens. En jy ook. Hierdie sisteem gee vir ons almal oog klappe en ons trek hulle aan. 
Hierdie sisteem gaan jou opfok, jou rondstoot, jou depressie gee, jou valse geluk gee. Dis die waarheid. 
Hierdie sisteem gaan jou laat wonder hoekom de fok God so wreed is. 
Hierdie sisteem gaan jou vrae leuens maak, want kyk nou net, ons God bestaan uit liefde. Sien jy jongeling? 

Jou mentaliteit is gefok. Hou jou oë toe. Hou jou hart bewaar. Hou net jou oë toe voor hulle nog een vir hulle vat. Breek weg. Kom weg. Voor die sisteem jou kom haal. 

Saterdag 02 Januarie 2016

x



jy was my wonderwerk,
my pragtige patroon gesiggie,
my rede om te glo,
my rede om te droom.

jy was my steun pilaar,
my lig in die donker,
my white picket fence,
my stukkie hemel op aarde.

jy was my 'guardian angel',
my 'hand-op-my-been-ou-karoo-paaie-ry'
jy was my kopkussing snags as die spoke my kom jaag,
jy was my regter hand.

jy was my liefde, foute, en alles tussen in,
jy was my hart se rede vir klop,
my rede om op te staan van die badkamer vloer af.

Jy was my droom, net jy & jou diep donker oë,
jy was my veilige plek, my hart se hospitaal.

En, sonder jou.
Sonder jou is ek gelaat met minder as 'n halwe hart,
Sonder jou jaag die spoke my helder -oor-dag,
sonder jou, huil my siel, gees, liggaam sonder ophou,
sonder jou lyk die donkerte erger as voorheen,
sonder jou is daar dele van my weg.

sonder jou, is daar teveel rede om vertikaal te sny, horison is mos inteendeel vir 'banggatte',
sonder jou is daar teveel rede vir my om op te hou om aan te klou.

sonder hart.
sonder steunpilaar.
sonder hom.