Saterdag 02 Januarie 2016

x



jy was my wonderwerk,
my pragtige patroon gesiggie,
my rede om te glo,
my rede om te droom.

jy was my steun pilaar,
my lig in die donker,
my white picket fence,
my stukkie hemel op aarde.

jy was my 'guardian angel',
my 'hand-op-my-been-ou-karoo-paaie-ry'
jy was my kopkussing snags as die spoke my kom jaag,
jy was my regter hand.

jy was my liefde, foute, en alles tussen in,
jy was my hart se rede vir klop,
my rede om op te staan van die badkamer vloer af.

Jy was my droom, net jy & jou diep donker oë,
jy was my veilige plek, my hart se hospitaal.

En, sonder jou.
Sonder jou is ek gelaat met minder as 'n halwe hart,
Sonder jou jaag die spoke my helder -oor-dag,
sonder jou, huil my siel, gees, liggaam sonder ophou,
sonder jou lyk die donkerte erger as voorheen,
sonder jou is daar dele van my weg.

sonder jou, is daar teveel rede om vertikaal te sny, horison is mos inteendeel vir 'banggatte',
sonder jou is daar teveel rede vir my om op te hou om aan te klou.

sonder hart.
sonder steunpilaar.
sonder hom.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking