Vrydag 07 Oktober 2016

Matriek 2016
“But He said, “My grace is sufficient for you, for My power is made perfect in weakness”
 – 2 Corinthians 12:9
Ek wil daar begin, want maak nie saak wat enige onderwyser of leerder vir my se nie, my toekoms le nie op die rooi merk in die hoek van my toetse nie, maar in Sy bekwame hande. Daar is geen twyfel oor hoe taai hierdie jaar gaan wees nie, en ek sal nie myself flous om te dink ek gaan kan leegle nie, maar geen berg is te groot nie.
Die opdrag was om my verwagtinge vir 2016 te verwoord, maar die waarheid is, verwagtinge skep teleurstelling, daarom sal ek eerder dit ‘n brief van planne noem, want dis nog net planne vir nou.
Ek wil begin by my vriende, want ek is daar gesit met doel. Ek wil he hierdie jaar moet in hulle harte wees, ek wil he ons moet sterker saam staan as al ooit van tevore. Ek wil he God moet deur my werk om hulle te bereik. ‘Eendrag maak mag!’
Dan wil ek die jaar graag my kop op die fokuspunt hou, die wederkoms wat al hoe nader kruip. Eks nie op aarde gesit om 8 onderskeidings te kry nie, dit is nie hoekom enige iemand hier is nie. Ek wil die jaar nader aan God wandel, ek wil my mense rondom my sien Hom leer ken. Ek wil fokus op meer as net Universiteits keuring, ek wil fokus op God se doel vir my lewe. ‘Hou Koers!’
Hierdie jaar gaan verseker soos my vorige 12 jare van skool wees, ek gaan dit nie oor ‘n jaar onthou nie, ek gaan ook nie omgee nie. Ek verwag nie veel van Midstream College af nie, net sodat hulle my in vrede sal laat om die laaste maande hier klaar te maak. Ek sal bitterlik graag wil sien hoe die mense wie ek ken al sedert die begin van my skool loopbaan in MC (Graad 2 – 2006) uitdraai, al is hulle nie vriende nie. Ek wil sien hoe Midstream ‘n skool word soos Affies, ‘n skool waarheen kinders wil gaan al vandat hulle verstand het. Ek wil sien hoe mense rondom my besef Midstream is nie so sleg soos dit soms voel nie. Ek wil vir ou laas redenaars doen, todat ek eendag ‘n Advokaat is en dit basies doen vir ‘n lewe, sal maar die skoolbrood vir nou aanpak. Dan wil ek die jaar soveel as moontlik op die plaas kom, want as ek oorsee gaan swot gaan dit die plek wees waaroor my hart huil. Ek wil in my toekoms ‘invest.’ Ek wil aanhou staan vir wat ek glo, al kos dit my detensies of eindlose bakleierye. Hierdie is die jaar van ‘n bitter moeilike afskeid, en dit gaan in ons almal se harte meer worstel as enige iets. Hierdie is al wat ons ken, skool, uniform, skaapmentaliteit. Skool leer ons nie hoe om te survive daar buite nie, indien enige iets is skool die oorsaak hoekom so min mense dit maak. Ek wil uit hierdie vasgevange hok kom wat ‘n naam het. Want dis al wat dit is. Daar is geen uniekheid aan hierdie nie, almal dink dieselfde, en as ek saam die wolwe moet speel om van dit af weg te kom, dan spring ek kop eerste in.
Daars baie dinge wat ek graag sou wou doen, daars baie wat ek gaan doen, maar geen van dit kort skriftelike bewyse dat dit in my kop was nie. Inteendeel, die beste goed gebeur as dit op nommer 99% besluit word en jy vir daai oomblik bloot net lewe, nie maande lank beplan en droom nie. Slegs te sien en te doen.  Ek lewe, ek sit nie en beplan nie.
Verder as dit is daar nie veel nie. Ek weet waarheen is ek op pad, ek weet wat ek kort om dit te maak, sover dit my traak is ek op die wen pad en geen menslike wese sal dit vir my kan verander nie.
Ek weet wie ek is, ek weet waarheen God my stuur, ek weet dat my sake reg le. Al wat ek nou wil he is ‘n vreedsame jaar sodat ek in die stilte van Sy skepping vir ou laas kan kla oor skoolwerk en skool drama. 2016 is so tydelik soos die herinneringe gaan wees daarvan.
“Some people are born with tornados in their lives, but constellations in their eyes. Other people are born with the stars at their feet, but their souls are lost at sea.’
Ek kies wat ek met 2016 maak, en niemand staan in enige plek om vir my iets te se oor my keuses nie.

-Roelien Faber (2016-01-13)                                                                                                                                                                    As ek omdraai, skiet my. As ek val, wreek my. As ek storm, volg my.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking