Donderdag 21 April 2016

my boetie in Hom.



Al heeldag vermy ek die. 
'Dis onmoontlik, hys nie dood nie, hyt my nog gister kleinsus genoem, hy het nog gister met my gepraat'. Maar ek sal nie meer nie. Ek gaan hierdie nou hands on hanteer soos wat net 'n hardkoppige ek kan en soos wat jy sou wou gehad het ek moet.
Vir die laaste keer op ons wrede aarde groet ek jou. Ek groet jou en al ons drome. Die danse in die plaas se skuur. Jou glimlag by my troue as ek weet hierdie dra jou goedkeuring weg. Die drome en wense wat jy vir my gehad het. Jou mooi hart wie altyd my ondersteun het al is ek van my sinne beroof. Jy wie altyd insperasie vir my kuns gehad het. Jy wie gedigte gedeel het en saam my gebid het. Jy wie my help wandel het nader aan Hom.
Maar vandag, vandag het jy jou grootste held ontmoet. Jy drink nou koffie saam God. En dis meer as wat ek op hierdie aarde vir jou kon bied. Iewers tussen die hemel se digkuns en die hemel se plase bevind jy jouself saam die groot Baas wie jou al die seer spaar.
Ek wou ineensak. Ek wou skreeu en hierdie vermy. Maar ons dien 'n groot God Ads. Leila gaan okay wees, God gaan haar hart aanraak en ek sal altyd daar wees vir haar. Ek gaan nou Tuks toe, ek gaan bid. #SuidAfrikaVirJesus. Ek weet jy sou mal gaan oor my veiligheid maar ek weet jy sou vir my bid en my moed gee. My dag was okay. Die vegter in my het nog nie gaan le nie, en ter eer van jou sal ek ook nie.
Ek gaan nie by jou begrafnis wees nie, eks jammer. Ek weet nie of Leila gaan toe laat dat daar een is nie. Ek sien jou aan die ander kant. Ek wil jou wese vier, nie treur nie. Want vir baie mense was jy 'n baken van hoop.

Eks jammer vir baie goed, dat ek jou afgeskeep het die afgelope ruk. Dat ek nie meer kon hoor van Botswana nie. Dat ek nie daar was nie. Eks jammer vir so baie goed waarvoor ek nooit sal woorde he nie. Eks jammer Ads. Ek gaan jou tot die laaste dag van my lewe onthou & verlang.

Die son sak oor die beeldskone pretoria, ek wens jy kon sien hoe mooi dit hier is vandag. Ek sien uit om jou te kan sien by PappaGod. 
Ek hou ons herinneringe. Al die kere wat jy my gemotiveer het. Ek hou jou in my hart boetie.
Shalom Ads.
Hamba Kahle.
Al my liefde x

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking