Saterdag 18 Julie 2015

Brief aan Jesus

My brief aan Jesus
Pappa, vandag sit ek op die berg soos soveel dae vantevore. Maar vandag is my hart moeg. Hy is moeg vir die dood en hy is moeg vir die las dra. U vang my trane, een vir een soos hulle val. U hoor hoe pleit my hart vir ‘n bietjie rus.  Pappa, ek verlang huis toe. Ek verlang na suiwer genot, ek verlang na Jou.  Soos ek hier sit weet ek U sien my, want die wind waai my hare deurmekaar soos net die wind kan, daars nie ‘n wolkie in die lug nie. Ek voel U hand op my skouer en ek wens ek kon treur in Pappa se arms.
Pappa, U is groter as hierdie storm. U is groter as hierdie seer. Maar ek is moeg vasgeklou. U stuur mense in my lewe om lief te he en dan vat U hulle weer. Ek is nie seker ek is gemaak vir hierdie lewe nie. Ons moet mekaar lief he in oorvloed, maar ons los mekaar in stukke en vlenters. Pappa, ons is U weermag, maar selfs die sterkste soldate kort rus. Mag my hart ‘n bietjie rus? Net ‘n klein rukkie. Ek wil nie ophou veg nie Pappa, maar ek wil nie meer alleen veg nie. Here, U mense veg met storms in hulle harte, almal se seer uniek. Die lewe is moeilik, en soms word dit teveel vir  ‘n mens van 17.
Here maak U weermag sterk. Pappa, vat die seer van mense weg.
Pappa het sulke mooi planne vir my lewe, sulke amazing goed wat reg staan vir my. Help my U vertrou.
Pappa, asseblief genees hierdie mense se harte, ekt gesien, mense kan nie ander se harte op pas as hulle eie een vlenters is nie. Vat hulle oorloe. Pappa se kinders kort Jou, al se hulle dit nie altyd nie. Maak hulle hartjies heel, asseblief.

Pappa se “Now listen Daughter, don’t miss a word, forget your country, put you home behind you, BE HERE- The King is wild for you” – Psalm 45:12
Asseblief help Pappa se Dogters dit onthou as ‘n man hulle verniel.
Die trane loop soos riviere oor hulle wange,  en Pappa se net “Hou aan my vas Prinses, eks by jou, ek gaan jou nie los nie, jy is alles vir my”
Gee hulle rus Pappa, hulle kort vrede in hulle harte.
Hulle is moeg mure gebou in hulle harte, sal Pappa asseblief hulle hartjies styf vas hou?
Liefde

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking