Aan jou,
Die grootoog meisie wie ek teleurgestel het, die blondekop
wilde-wragtig wie se lewenslus permanent afgestaan is.
Ek onthou hoe dit altyd ‘n kompetisie was van hoe jy jouself
kan verbeter, of hoe jy die volgende stap sal vat. Jyt altyd versigtig en klein
begin, maar jou eindes in alles wat jy aangepak het was groot.
Ek sal nooit vergeet hoe jy vreesloos bome geklim het nie, elke gogga wat die
wereld bekruip was vir jou iets om te vang en te bestudeer. Elke dier rondom
jou het altyd ‘n glimlag op jou gesig gelos.
Ek onthou al die kere wat jy die hele dag lank omgeswem het want daar was niks
mooier as om op die bodem te wees en deur die water te kyk na die son wat
stadig aangaan met sy lewe.
Ek onthou hoe jy so opgewonde was as iemand iets moois in jou lewe in bring,
soos jou gestremde vriendin op kleuterskool. Syt nie lank gehad om te lewe nie,
maar jou liefde was genoeg om haar moed te gee vir elke dag. Ek onthou hoe jy
gehuil het toe sy nie een oggend by die skool was nie, ek onthou hoe baie
bekommernis jy gehad het. EK weet jou hart was nog altyd te sag vir hierdie
lewe.
Ek onthou hoe jy in die blomme baljaar het in ouma se tuin, hemel was sy nie
demoer in vir jou nie. Maar syt gese dis okay want syt gesien hoe die blomme
jou hart maak bokspring.
Meisiekind, jy was nog altyd die wereld sin. Jy was nog
altyd iemand wie saam die wind beweeg want die lewe was nog nooit gaaf genoeg
om vir jou ‘n permanente vesting te gee nie.
Ek weet jyt baie tydelikes gehad, jou Oupa, Justin. Mense
wie jou lewe kom vul het met liefde en mense wie weg is nou, mense wie nie kon
bly nie. En die hemel weet die kind binne jou huil want ek weet die Grootoog
Blondekop sit in ‘n hartskamer se tronk en skreeu want sy mag nie uit nie, en
sy weet as sy uit gaan, is sy nie meer veilig nie.
Ek ken jou hart mooiste, ek ken sy dele. Want ek weet daars
so min van hom oor en ek weet jy veg so so bitterlik hard om hom weer gesond te
kry sodat die blomme jou maak glimlag en sodat jou liefde weer mense gesond kan
maak.
Ek voel hoe moeg jy is meisiekind, en ek weet nie hoe lank
jy nog gaan kan veg nie. Ek verstaan okay?
Eks jammer ekt jou nie beskerm van die dinge af nie, eks
jammer ekt nie ‘n beter poging aangewend om jou geisoleerd te hou nie. Eks
jammer dat ek nie jou die toekoms gee waarvan jy gedroom het nie. Eks jammer dat
ek nie jou beloftes na-gekom het nie. Eks jammer dat ek nie harder geveg het
vir jou nie Roelien.
Ek verstaan meisiekind, die aande word lank, die sake onder
jou oe gaan nie weg nie, daars nie meer lig wanneer jy die blomme sien nie. Ek
verstaan. Ek verstaan dat die maan nie meer lyk soos een of ander veeverhaal
wat nog ontdek moet word nie. Ek verstaan dat die gras nie meer groen voorkom
nie. Ek verstaan dat die berge nie meer vir jou stories vertel nie. Ek verstaan
dat die bome nie meer snags vir jou sing nie.
En eks jammer Roelien.