Bloedsuster,
Afrika-lief.
Ek kom sit alweer moedeloos op jou stoep terwyl jy ‘n koppie tee vol bloed skink en sug.
Ek kom klop alweer aan jou deur al weet ek deesdae maak jy dit net oop vir die regte velkleur.
Ek hoor hoe jy huil, al is die deur toe. Ek weet in die aande sit jy voor jou venster en kyk hoe die spoke van die nag al hoe meer word, hoe al die siele begin verlore rondsweef. Ek sien hoe jou bont-kleurige mure al hoe rooier word, want die oorlog in jou hart is deesdae net ‘n lied van smart.
Bloed-suster, Afrika-lief. Ek kom kniel voor jou deur, kom ons gesels gou asseblief.

Verduidelik
aan my reguit en eerlik, wanneer hulle oor die boere se hekke klim, met hulle
panga of hulle geweer en die naguil tjoepstil word sodat die gille die aand kan
vul, glimlag jy soos hulle doen?
Ek sou verder dan graag wou weet, hoekom is jy so tjoepstil? Want as ek nie met my ore op die grond loop en luister na die grond wat huil nie, sou ek nooit weet van al die bloed nie.
Ek weet ek vang jou omkant want ek sien hoe jou hand bewe met jou bloed tee koppie, maar hoekom het die mielies in die vrystaat ophou groei?
Is dit ook ‘n nagevolge van Apartheid, of net die gevolge van plaasmoorde?

Ek is nie ‘n
kenner nie, ek is slegs ‘n 19jarige wat vanaf ‘n jongeling se perspektief bespiegel
en kyk hoe jy by jou mense se begrafplaas staan en treur. Ek sien hoe die
Voortrekker Monument klip vir klip afgebreek word en hoe die volk moord vir
moord uitgewis word. Ek verstaan die volk treur nie oor myne nie, want soos ek
geleer het in my studies, is alles te danke aan Apartheid of so word ons
forseer om te glo.
Asseblief verskoon my onkunde, maar is dit dan nie jou gekose leiers wat graag ‘n sekere klas van mens sommer lewendig wil begrawe nie? Ek neem aan sulke haatspraak is aanvaarbaar want die Handves Van Menseregte geld net vir die volke wat aan die slegte kant van Apartheid was.
(Asseblief moenie jou mense vertel van my eerlikheid nie, ek is nie die regte kultuur om myself te mag beskerm nie.)
Ek is nie so seker nie Bloedsuster oor jou ‘reenboog nasie’ gesegde nie, jou realiteit kilnk vir my al hoe meer soos ‘n moord-verhaal. Of soos ek in Kriminologie geleer is, lae-skaalse oorlogvoering.

Teen die tyd
sit Bloedsuster op die punt van haar stoel met haar gemaskeerde gesig tussen
haar hande. Haar bloed-koppie loop al oor, reguit in haar piering en dit word
skemer hier oor die platteland se vlaktes. Ek sien hoe die kleur van kulture in
haar oe al hoe donkerder word. Al hoe minder divers. Bloedsuster pik ‘n traan,
ek kan sien sy verstaan ook nie.
maar
ekt wel gesien
hoe bloedrivier weer ‘n realiteit word in haar oe.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking