Vir V
-Roelien Faber (2015-10-28)
Miskien was dit die
knop in my keel en die behoefte om in die skool badkamer in mekaar te sak en my
oe uit te huil wat my laat besef het dis ‘n treurpad wat ek met my pen gaan
loop. Miskien was dit elke herinnering en elke keer wat ek by jou gesit het en
net kon gewees het wat my soos ‘n vreemdeling tussen almal laat voel het.
Die beeld in my kop
van die afskeid. Sy lee huis. Sy kar wat nie meer op sy gewone plek staan nie.
Pouses sonder hy wat vir my kom groet. Tog probeer my hart rus vind in die
moontlikheid dat ons horisonne van ver af nog saam gaan kyk na mekaar. Tog
probeer my hart rus vind in die wete dat dieselfde maan snags vir ons gaan kom
kuier. Denke wat by my kom spook. ‘n Wete dat jy binnekort duisende en duisende
kilometers ver gaan weg wees.
En dis asof die
duiwel en die horlosie om dieselfde vuur dans want die tyd hardloop vinniger
uit by die sekonde, vinniger, vinniger, en daar is niks wat ek kan doen om tyd
te stop of om tyd te leen nie.
Die wete dat ons nie middernag gaan sit op jou dak en stry oor politiek en
geloof en liefde hierdie naweek nie, laat ‘n deel van die sterre dowwer word.
Ek weet jy wonder,
‘Hoeveel keer gaan ek nog vir haar moet se, ‘jy gaan okay wees sonder my’ voor
sy dit glo?’. Maar ek weet, dat ‘n deel
van jou daai vraag self gaan kan beantwoord die dag wat die son nie meer op kom
nie. Daar was gisteraand ‘n storm. DIe weerlig het soms die wolke verlig terwyl
die reen al laggend die aarde kom soen het. Ek glo dit was net vir jou. Jy was
tog nog altyd so lief vir jou spookstories en donker, stormagtige nagte. Jou
denke en wese is soos daai aande my liefste vriend. ‘n Onvoorspelbare,
beeldskone storm, en ek bid dat jy mense in jou nuwe wit land sal wys.
My hart gaan jou
verlang tot die dag wat ek weet jy gaan weer voorskool vir my wag voor jy ry,
tot die dag wat ons weer op jou dak le en stry, tot die dag wat ons weer elke
dag koffie gou drink net om te praat oor die strooi wat by Tuks aangaan en hoe
sleg ons broeders en sisters van die ander volk bestuur. Ek dink ek gaan jou
nog lank mis.
Ek sal nooit net oor ‘n vinnige koffie vir jou kan se hoeveel jy vir my beteken
nie. ‘n Vinnige koffie sal nooit genoeg wees met jou nie.
Ek wil baklei. Ek wil
jou oortuig om te bly. Ek wil jou nog elke dag sien, en ek wil nog elke dag jou
wese in die omtrek he. Maar ek sal nie laat my selfsug jou weerhou van ‘n beter
toekoms af nie. My wese wil jou beskerm van die gevaar waarin jy nie is nie, en
ek is jammer daarvoor.
Ek het trane vandag
gesluk, en ekt baie gedink ek gaan enige oomblik uitbars in trane en na jou
huis toe stap en dat jy vir my gaan se die planne is gekanseleer. Maar die
wolke is besig om al hoe meer te kom hang oor die jakaranda strate wat ons
altyd saam baljaar het, en ek weet Afrika kom groet jou vir oulaas.