Suid Afrika- ek moet ophou briewe vir jou, oor jou skryf. Maar hemel jy breek my hart vandag.
Vandag het my ma my gewaarsku teen jou, gesê ek moet my tas gepak hê, reg om Australië toe te vlug.
Vandag het my ma my vertel van jou stede wat brand, jou oseaan gevries, jou mense wat haat.
Vandag het my ma my 'n storie gelees van my voorvaders wat vir jou gebloei het, net om jare later vanuit hul graf te sien hoe hulle mense nou bloei.
My hart bloei ook, nie vir my omstandighede nie, maar vir jou.
Suid Afrika, ek moet ophou dink oor jou, ek moet ophou glo in jou. Maar ek klou vas aan die hoop dat ons mense tog harte het, dat ons tog genade sal kry vir ons sondes.
Maar vandag het ek uitgevind ons regering smeer hulself af aan 'n terroris aanval, ons misdaad kan mos glo nie erger nie.
Vandag het ek uitgevind ons nuus is korrup, nes ons regering. Mense word vermoor en daai nuus sien nooit daglig nie, julle lei ons net dieper in die donker.
Vandag het ek besef, ek staan op die grens daarvan om alles te verloor, al my drome, al my hoop, al my planne.
Vandag besef ek dat ek nie eendag my kinders gaan bosveld toe kan vat nie. Vandag besef ek dat my kinders nie windpompe gaan kan klim, of in plaasdamme gaan kan swem nie. Vandag besef ek dat ek nie by Tuks gaan graadvang nie. Vandag besef ek dat God ons lankal in die land verlaat het.
Vandag besef ek dat my ouers ure en dae geswoeg en gesweet het net om te sien hulle kinders gaan nie net veg vir hulle lewens, taal & drome nie, maar hulle gaan veg vir hulle oorlewing want hulle staan op die grens van 'n oorlog.
Suid Afrika. O Suid Afrika. Waar kom jou haat vandaan? Is dit tog die begin van dieselfde pad as 20 jaar terug, jou eie Apartheid Deel 2?
Was een fout dan nie genoeg nie?
Suid Afrika. O Suid Afrika, hemel my lief, sien jy waar ons staan? Sien jy waar jy fout gaan?
Hierdie is vir die dag wat ek dit gemaak het, vir die dae wat ek nog moet oorleef en vir die dae wat ek oorwin het. Hierdie is vir my, vir wanneer ek dinge wil agter laat. non duco, ducor.
Dinsdag 21 Junie 2016
Donderdag 21 April 2016
my boetie in Hom.
'Dis onmoontlik, hys nie dood nie, hyt my nog gister kleinsus genoem, hy het nog gister met my gepraat'. Maar ek sal nie meer nie. Ek gaan hierdie nou hands on hanteer soos wat net 'n hardkoppige ek kan en soos wat jy sou wou gehad het ek moet.
Vir die laaste keer op ons wrede aarde groet ek jou. Ek groet jou en al ons drome. Die danse in die plaas se skuur. Jou glimlag by my troue as ek weet hierdie dra jou goedkeuring weg. Die drome en wense wat jy vir my gehad het. Jou mooi hart wie altyd my ondersteun het al is ek van my sinne beroof. Jy wie altyd insperasie vir my kuns gehad het. Jy wie gedigte gedeel het en saam my gebid het. Jy wie my help wandel het nader aan Hom.
Maar vandag, vandag het jy jou grootste held ontmoet. Jy drink nou koffie saam God. En dis meer as wat ek op hierdie aarde vir jou kon bied. Iewers tussen die hemel se digkuns en die hemel se plase bevind jy jouself saam die groot Baas wie jou al die seer spaar.
Ek wou ineensak. Ek wou skreeu en hierdie vermy. Maar ons dien 'n groot God Ads. Leila gaan okay wees, God gaan haar hart aanraak en ek sal altyd daar wees vir haar. Ek gaan nou Tuks toe, ek gaan bid. #SuidAfrikaVirJesus. Ek weet jy sou mal gaan oor my veiligheid maar ek weet jy sou vir my bid en my moed gee. My dag was okay. Die vegter in my het nog nie gaan le nie, en ter eer van jou sal ek ook nie.
Ek gaan nie by jou begrafnis wees nie, eks jammer. Ek weet nie of Leila gaan toe laat dat daar een is nie. Ek sien jou aan die ander kant. Ek wil jou wese vier, nie treur nie. Want vir baie mense was jy 'n baken van hoop.
Eks jammer vir baie goed, dat ek jou afgeskeep het die afgelope ruk. Dat ek nie meer kon hoor van Botswana nie. Dat ek nie daar was nie. Eks jammer vir so baie goed waarvoor ek nooit sal woorde he nie. Eks jammer Ads. Ek gaan jou tot die laaste dag van my lewe onthou & verlang.
Die son sak oor die beeldskone pretoria, ek wens jy kon sien hoe mooi dit hier is vandag. Ek sien uit om jou te kan sien by PappaGod.
Ek hou ons herinneringe. Al die kere wat jy my gemotiveer het. Ek hou jou in my hart boetie.
Shalom Ads.
Hamba Kahle.
Al my liefde x
Woensdag 09 Maart 2016
Vandag skryf ek 'n brief aan elke meisie wie 'n deel van haar verloor het aan 'n man.
Hey jy, ja jy, beeldskone skepping van God.
Ek weet jou hart het seer, ek weet hy het jou maak huil snags in jou bed en ek weet dit het soms gevoel of die donkerte jou gaan insluk. Ek weet jy het hom so so lief gehad, jy het miskien steeds nog, en daars niks daarmee fout nie.
Ek weet hy het 'n deel van jou gesteel, ek weet jy is soms spyt, ek weet jy mis hom soms. Ek weet jy wens soms jy het vroeer geweet. Ek weet julle herinneringe is so seer om aan te dink maar soms al waaraan jy kan dink.
Ek is jammer. En ek weet ek moenie jammer wees nie maar iemand moet vir jou omverskoning vra. Iemand moet vir jou jammer se dat hy jou sonskyn verdof het. Iemand moet vir jou jammer se oor jy pleinweg net iemand verdien wie jou lief het, werklik lief. En nie net oor jou lyf of oor jou besittings nie. Eks jammer oor die seer in jou mooi hart.
Maar hoor vir my, jy verdien beter.
Jy verdien koffie in die bed. Jy verdien dit om kinderlik opgewonde te wees as jy weet jy gaan hom sien. Jy verdien dit om saam hom te kan wees en om te weet dat hy jou altyd op sy hande sal dra, tot in lente van dae. Jy verdien dit om jouself te kan wees rondom hom. Jy verdien dit om geliefd te voel by hom. Jy verdien dit om sy arms rondom jou te hê as jy in stukke is.
Okay?
En hys op pad. God het hom gespaar, net vir jou, meisiemens hoor vir my, hy is op pad. Byt net vas. Moenie opgee op jou drome oor hom nie, hy bid ook vir jou. Jys nogsteeds worthy okay?
Jy gaan nogsteeds eendag sy als wees want jy is jou Pa se als.
Liefde.
Woensdag 27 Januarie 2016
My raad aan die jeug -
Hier is my raad aan die jeug.
Hulle gaan 12 jaar van jou lewe steel en steeds wonder hoekom jy negatief is.
Hulle gaan jou in 'n hok druk, forseer om soos almal te wees, te dink, en dan geirriteerd word as jy nie weet wie jy is nie.
Hulle gaan jou vryheid steel, jou regte wegneem en jy gaan dit moet verdra.
Hulle gaan jou tussen mense sit. Wag. Laat ek hulle nie so noem nie. Hulle gaan julle tussen hoere sit, tussen dose, tussen moordenaars en pscopayhs en steeds sê jys ondankbaar as jy nie wil skool toe gaan nie.
Hulle gaan vir jou blameer, jou sleg sê, en jy gaan nie mag opstaan nie.
Hulle gaan jou druk. En druk. En druk. Todat jy 'n boks word. 'N stereotipe. 'N haatlike verskoning vir 'n 'unieke mens'.
Hier is die waarheid. Nie die volle een nie. Want ek, nes jy, was deur hierdie proses.
Die waarheid is, alles wat hulle jou leer is 'n leuen.
Al jou wiskunde somme beteken niks. Jou hoofdogter, jou hoofseun, jou prefekte, jou mede mens. Hulle is leuens. En jy ook. Hierdie sisteem gee vir ons almal oog klappe en ons trek hulle aan.
Hierdie sisteem gaan jou opfok, jou rondstoot, jou depressie gee, jou valse geluk gee. Dis die waarheid.
Hierdie sisteem gaan jou laat wonder hoekom de fok God so wreed is.
Hierdie sisteem gaan jou vrae leuens maak, want kyk nou net, ons God bestaan uit liefde. Sien jy jongeling?
Jou mentaliteit is gefok. Hou jou oë toe. Hou jou hart bewaar. Hou net jou oë toe voor hulle nog een vir hulle vat. Breek weg. Kom weg. Voor die sisteem jou kom haal.
Saterdag 02 Januarie 2016
x
jy was my wonderwerk,
my pragtige patroon gesiggie,
my rede om te glo,
my rede om te droom.
jy was my steun pilaar,
my lig in die donker,
my white picket fence,
my stukkie hemel op aarde.
jy was my 'guardian angel',
my 'hand-op-my-been-ou-karoo-paaie-ry'
jy was my kopkussing snags as die spoke my kom jaag,
jy was my regter hand.
jy was my liefde, foute, en alles tussen in,
jy was my hart se rede vir klop,
my rede om op te staan van die badkamer vloer af.
Jy was my droom, net jy & jou diep donker oë,
jy was my veilige plek, my hart se hospitaal.
En, sonder jou.
Sonder jou is ek gelaat met minder as 'n halwe hart,
Sonder jou jaag die spoke my helder -oor-dag,
sonder jou, huil my siel, gees, liggaam sonder ophou,
sonder jou lyk die donkerte erger as voorheen,
sonder jou is daar dele van my weg.
sonder jou, is daar teveel rede om vertikaal te sny, horison is mos inteendeel vir 'banggatte',
sonder jou is daar teveel rede vir my om op te hou om aan te klou.
sonder hart.
sonder steunpilaar.
sonder hom.
jy was my wonderwerk,
my pragtige patroon gesiggie,
my rede om te glo,
my rede om te droom.
jy was my steun pilaar,
my lig in die donker,
my white picket fence,
my stukkie hemel op aarde.
jy was my 'guardian angel',
my 'hand-op-my-been-ou-karoo-paaie-ry'
jy was my kopkussing snags as die spoke my kom jaag,
jy was my regter hand.
jy was my liefde, foute, en alles tussen in,
jy was my hart se rede vir klop,
my rede om op te staan van die badkamer vloer af.
Jy was my droom, net jy & jou diep donker oë,
jy was my veilige plek, my hart se hospitaal.
En, sonder jou.
Sonder jou is ek gelaat met minder as 'n halwe hart,
Sonder jou jaag die spoke my helder -oor-dag,
sonder jou, huil my siel, gees, liggaam sonder ophou,
sonder jou lyk die donkerte erger as voorheen,
sonder jou is daar dele van my weg.
sonder jou, is daar teveel rede om vertikaal te sny, horison is mos inteendeel vir 'banggatte',
sonder jou is daar teveel rede vir my om op te hou om aan te klou.
sonder hart.
sonder steunpilaar.
sonder hom.
Donderdag 31 Desember 2015
Dat hy....
Ek het dit nodig gehad dat hy bly. Dat hy my bel en se hy id op pad na waar ookal ek is. Dat hy my die dood voor die oë sweer as ek uitgaan saam seuns. Dat hy vir my aanhou herinner hoe sterk ek is en dat hy op my vouch. Dat hy voorskool by die hek vir my wag. Dat hy met my stry en nie my sin gee nie. Dat hy die hardste lag. Dat hy die beste argumente bou teen my. Dat hy my spot dat hy soos 8 keer my lengte is. Dat hy met harde woorde my net regruk voor toetse. Dat hy vir my wag buite eksamen lokale. Dat hy my 'liefie' noem. Ek het dit gekort.
Dat God jou hier sal bere in my hart, dat God my seen met jou wese naby my.
Donderdag 10 Desember 2015
Vir V
-Roelien Faber (2015-10-28)
-Roelien Faber (2015-10-28)
Miskien was dit die
knop in my keel en die behoefte om in die skool badkamer in mekaar te sak en my
oe uit te huil wat my laat besef het dis ‘n treurpad wat ek met my pen gaan
loop. Miskien was dit elke herinnering en elke keer wat ek by jou gesit het en
net kon gewees het wat my soos ‘n vreemdeling tussen almal laat voel het.
Die beeld in my kop
van die afskeid. Sy lee huis. Sy kar wat nie meer op sy gewone plek staan nie.
Pouses sonder hy wat vir my kom groet. Tog probeer my hart rus vind in die
moontlikheid dat ons horisonne van ver af nog saam gaan kyk na mekaar. Tog
probeer my hart rus vind in die wete dat dieselfde maan snags vir ons gaan kom
kuier. Denke wat by my kom spook. ‘n Wete dat jy binnekort duisende en duisende
kilometers ver gaan weg wees.
En dis asof die
duiwel en die horlosie om dieselfde vuur dans want die tyd hardloop vinniger
uit by die sekonde, vinniger, vinniger, en daar is niks wat ek kan doen om tyd
te stop of om tyd te leen nie.
Die wete dat ons nie middernag gaan sit op jou dak en stry oor politiek en geloof en liefde hierdie naweek nie, laat ‘n deel van die sterre dowwer word.
Die wete dat ons nie middernag gaan sit op jou dak en stry oor politiek en geloof en liefde hierdie naweek nie, laat ‘n deel van die sterre dowwer word.
Ek weet jy wonder,
‘Hoeveel keer gaan ek nog vir haar moet se, ‘jy gaan okay wees sonder my’ voor
sy dit glo?’. Maar ek weet, dat ‘n deel
van jou daai vraag self gaan kan beantwoord die dag wat die son nie meer op kom
nie. Daar was gisteraand ‘n storm. DIe weerlig het soms die wolke verlig terwyl
die reen al laggend die aarde kom soen het. Ek glo dit was net vir jou. Jy was
tog nog altyd so lief vir jou spookstories en donker, stormagtige nagte. Jou
denke en wese is soos daai aande my liefste vriend. ‘n Onvoorspelbare,
beeldskone storm, en ek bid dat jy mense in jou nuwe wit land sal wys.
My hart gaan jou
verlang tot die dag wat ek weet jy gaan weer voorskool vir my wag voor jy ry,
tot die dag wat ons weer op jou dak le en stry, tot die dag wat ons weer elke
dag koffie gou drink net om te praat oor die strooi wat by Tuks aangaan en hoe
sleg ons broeders en sisters van die ander volk bestuur. Ek dink ek gaan jou
nog lank mis.
Ek sal nooit net oor ‘n vinnige koffie vir jou kan se hoeveel jy vir my beteken nie. ‘n Vinnige koffie sal nooit genoeg wees met jou nie.
Ek sal nooit net oor ‘n vinnige koffie vir jou kan se hoeveel jy vir my beteken nie. ‘n Vinnige koffie sal nooit genoeg wees met jou nie.
Ek wil baklei. Ek wil
jou oortuig om te bly. Ek wil jou nog elke dag sien, en ek wil nog elke dag jou
wese in die omtrek he. Maar ek sal nie laat my selfsug jou weerhou van ‘n beter
toekoms af nie. My wese wil jou beskerm van die gevaar waarin jy nie is nie, en
ek is jammer daarvoor.
Ek het trane vandag
gesluk, en ekt baie gedink ek gaan enige oomblik uitbars in trane en na jou
huis toe stap en dat jy vir my gaan se die planne is gekanseleer. Maar die
wolke is besig om al hoe meer te kom hang oor die jakaranda strate wat ons
altyd saam baljaar het, en ek weet Afrika kom groet jou vir oulaas.
Teken in op:
Plasings (Atom)